top of page

Naskool

Funksionering van Naskoolsentrum

 

Die Naskoolsentrum is ‘n privaat organisasie wat nie van die skool afhanklik is nie.

 

1.   Leerlinge van Graad 1 tot graad 7 word in die naskoolsentrum geakkommodeer.

 

2.   Me Bosch tree op as hoof van die naskoolsentrum. Me Durant is haar assistent

      wat maandeliks (Desember ingesluit _ bonus) ‘n salaris ontvang. 

 

3.   Daar is elke dag 2 perone wat as personeel by die naskoolsentrum optree om toesig

      te hou en toe te sien dat die leerlinge hulle huiswerk doen .

 

3.   Elke ouer moet ‘n inskrywingsvorm met inskrywing invul. Alle inligting van die ouers,

      moet daarop wees sodat, in geval van ‘n besering, die ouers dadelik gekontak kan word

      invul.

 

4.   Die naskoolsentrum begin 12:40, direk as die grade uit die skool uit kom. Die leerlinge

      begin dan reeds met hulle huiswerk waarmee Me. Durant hulle help.

 

5.   Wanneer me. Bosch by haar aansluit,( na haar buitemuurse bedrywighede,) word

      verdere hulp aan die leerlinge verskaf om huiswerk afgehandel te kry.

 

6.   As die Senior fase  uitkom , word ‘n ligte middagete en koeldrank aan alle

      leerlinge verskaf.

 

7.   Leerlinge wat aan buitemuurse bedrywighede deelneem word dan uitgestuur.

 

8.   As die huiswerk klaar gedoen is, word die huiswerkboek deur die personeel geteken.

 

9.   Daar is kinders wie se ouers nie die naskoolsentrumfooi kan bekostig nie, wat wel in die

      naskoolsentrum geakommodeer word.

 

10. Leerders het spesifieke grense waarin hulle mag speel.

 

11. Koedrank en koekies word weer om 16:00 aan alle leerlinge (wat 20 papiere opgetel het,)

      gegee.

 

12.  Die naskoolsentrum sluit daagliks om 17:00, maar me. Durant werk net tot 16:30,

      aangesien daar dan min leerlinge nog by die naskoolsentrum oor is.

 

13. Ouers moet self die kinders by die naskoolsentrum kom afhaal. Indien ’n leerling

      vroeër as die gewone tyd, huis toe moet gaan, moet die ouers die personeel

      skriftelik, of telefonies in kennis stel.

 

14. Indien enige leerling die naskoolreëls oortree, moet sodanige leerling vir die middag in

     die detensiebank sit.

 

15.  Geen leerling mag alleen by die skool gelaat word nie. Personeel moet wag tot die

      ouers of vervoer (taxie) die leerling kom afhaal.

 

16. Leerlinge betaal net naskoolfooi vir 11 maande. Aangesien daar nie in Desember skool is

      nie, betaal ouers nie vir Desember nie.

 

17. Daar word ‘n bedrag aan de skool oorbetaal vir moontlike gebruik van die skool se

      drukker.

 

18.  Kleedkamers word in die middae gesluiten daar moet toegesien word dat die groot

     skuifhek TOE is

Kontak Ons

Tel : 016 971 2033

Faks : 086 684 2501

Epos : admin@lumies.co.za

 

Adres :

Wolwekop Straat, Vaalpark

Sasolburg

1947

 

Kliek hier vir aanwysings na ons skool

Vind ons op Facebook
  • Wix Facebook page
bottom of page