Laerskool Lumiére


Skool se Gedragskode
Die skool se nuwe gedragskode-stelsel van
Die Departement van Onderwys vereis dat skole die stelsel moet gebruik.
Die stelsel is gebaseer op debiet-en krediet punte.
Die leerder kry debiet-punte vir die volgende oortredings :
H- Huiswerk onvoltooid. (2 punte)
A- Administratief. (1 punt na 2 dae) Indien vorms wat uigaan na ouers toe ongeteken ingehandig of glad nie ingehandig word nie.
D- Dissiplinêre probleme. (4 punte) 'n Uiteensetting van probleme is as volg:
- Oortreding van die klasreëls
- Stokkiesdraai
- Swak taalgebruik (vloek)
- Oneerlikheid
- Diefstal
- Klasontwrigting
- Wegbly van buitemuurs
- Rassisme
E- Ernstige oortredings. (8 punte) 'n Uiteensetting van oortredings is as volg :
- Seksuele wangedrag
- Baklei of fisiese geweld
- Drankmisbruik, dwelms ens.
- Pornografiese literatuur
- Die dra van gevaarlike wapens
- Vandalisme
- Satanisme
X- 'n X word gegee teen die leerder se naam indien hy of sy van die klasreëls oortree en wat dan gaan beteken die leerder kry nie krediet-punte vir daardie week nir.
'n Uiteensetting van klasreëls is as volg :
- Leerders moet betyds in klasse wees
- Leerder sit waar aangesê is
- Steek hand op om te vra/antwoord
- Slegs een persoon praat op 'n slag
- Vra toestemming om rond te beweeg in klas
- Vra toestemming om die klas te verlaat
- Onderwyser en kinders toon wedersydse respek
- Niemand mag 'n leerder se reg op onderrig ontneem nie
- Geen eet/drink in klas nie
- Selfone moet af wees gedurende klastyd
Indien die leerder vir die hele week nie een keer geteken het nie, sal daardie leerder 2 krediet-punte aan die einde van die week ontvang.
Die krediet punte van die debiet punte afgetrek word. Indien 'n leerder 20 punte teen sy of haar naam het sal die leerder op 'n Vrydagmiddag detensie sit, wat vanaf 14:00-16:00 sal plaasvind.
Ons hoop en vertrou u vind die reëlings in orde.
Baie dankie dat ons kan hande vat ten einde ons kinders reg te lei en voor te berei vir hulle toekoms.
Kontak Ons
Tel : 016 971 2033
Faks : 086 684 2501
Epos : admin@lumies.co.za
Adres :
Wolwekop Straat, Vaalpark
Sasolburg
1947