Laerskool Lumiére


Ons skoolhoof
Nuutste Gebeure
Hoof (Mnr. Piet Havenga)

Kontak Ons
Tel : 016 971 2033
Faks : 086 684 2501
Epos : admin@lumies.co.za
Adres :
Wolwekop Straat, Vaalpark
Sasolburg
1947
Mnr. Piet Havenga
Verwelkomings brief vanaf ons hoof.
LUMIéRE is voorwaar ‘n unieke naam. Sou u wonder waar dit vandaan kom, kan ons loer na ons leuse, naamlik LUX ET SCIETAE. Ons kan dit eenvoudig vertaal met LIG EN WETENSKAP. Hierdie leuse is gefundeerd uit die groot nywerhede in die omgewing – hoofsaaklik SASOL en Lethabo Kragsentrale.
Duidelik is dit dan dat akademie vir ons die primêre aktiwiteit is om te verseker da tons leerders gereedis vir die sekondêre skole. Ons SUPER LUMIE stelsel maak ons uniek in ons benadering tot die vaslegging van Waardes en Norme! Sonder hierdie aksie is alle akademiese kennis niksseggend. Deel hiervan is die vriendskapsweek wat kwartaalliks rigting gee aan die waarde en koestering van vriendskap.
Sonder sport en kultuuraktiwiteite sou die lewe vaal wees. Ons kompeteer graag in onder andere atletiek, rugby, netball, hokkie, krieket, tennis, skaak, sokker en spog gereeld met die beste skolierpatrolliespan en baie aktiewe CSV groep. Ons leuse in hierdie verband is: DOEN JOU BES EN GENIET DIT!!! Massadeelname word gepropageer aangesien vele voorbeelde daarop dui dat deelname vir kinders “’n plekkie in die lewe gee” – hulle behoort erens!! Ons glo daaraan dat di tons plig is om die liefde vir sport en kultuur te kweek – vroeg ryp, vroeg vrot!
By LUMIéRE poog ons om elke kind ten volle te “raak”. Ons plig is om geleenthede te skep en kinders te ondersteun in dit wat hulle aanpak.
Resultate van pogings deur die personeel aagewend kom duidelik na vore in prestasies van ons oud leerders in die sekondêre skole.
LUMIéRE spog met’n veilige terrain, veilige vervoermiddele, skoon skoolgronde, toegeruste klaslokale en ‘n uiters lojale personeelkorps.
Is ek trots om ‘n LUMIE te wees? Absoluut trots en bevoorreg om deur die Hemelse Vader hier geplaas te wees om ‘n taak vir Hom te verrig!!!